MY KIND

Jy laat my lag
Jy laat my huil
Ek sal jóú
vir niks verruil

Jy laat my dans
Jy laat my sing
Jy laat my huppel
in ‘n kring

Jy laat my speel
Jy laat my wonder
Hoe het ek óóit
geleef daarsonder:

Jou stywe drukkies
Jou “hoekom”-vrae
Jy laat my wens
vir langer dae…

MAMMA-WEES

Genade onbeskryflik groot
het jou aan my toevertrou
‘n mamma-hart – onwetend leeg
en toe ontmoet ek jou:

jy vul my diepste leemtes
met lag en lief en lééf
met speel en leer en vertroue
word ons harte aanmekaargeweef.