SONDAG-INSPIRASIE

Bethel se liedjie, TAKE COURAGE, speel al die hele naweek op “repeat” in my gedagtes! Hoe mooi is dié woorde? Ek deel gou ‘n uittreksel van die liedjie: (gaan luister hom!😊)

“Slow down, take time
Breathe in He said
He’d reveal what’s to come
The thoughts in His mind
Always higher than mine
He’ll reveal all to come

Take courage my heart
Stay steadfast my soul
He’s in the waiting
He’s in the waiting
Hold onto your hope
As your triumph unfolds
He’s never failing
He’s never failing

Sing praise my soul
Find strength in joy
Let His Words lead you on
Do not forget His great faithfulness
He’ll finish all He’s begun

So take courage my heart
Stay steadfast my soul

He’s in the waiting
He’s in the waiting
Hold onto your hope
As your triumph unfolds
He’s never failing
He’s never failing

And You who hold the stars
Who call them each by name
Will surely keep, Your promise to me
That I will rise, in Your victory
And You who hold the stars
Who call them each by name
Will surely keep, Your promise to me
That I will rise, in Your victory!”

Die Hebreeuse woord vir WAG is Qavah en dit beteken “om te wag, om te hoop vir iets, om uit te kyk vir iets wat jy verwag om te sien gebeur”.

Soms is dit baie moeilik om enige iets anders as jou probleme raak te sien. Dit verg dalk oefening om jou gedagtes op Hom en Sy beloftes te fokus.

Kies ‘n spesifieke skrif wat op jou situasie van toepassing is. Skryf dit neer op ‘n kaartjie of maak dit jou foon se agtergrond-prentjie. Elke keer wat jy bekommerd wil raak en fokus op jou huidige situasie, haal die kaartjie uit/plak dit teen jou spieël/lees dit op jou foon.

Soos jy vandag met hoop & ‘n nuwe verwagting op Hom wag, laat toe dat hy jou help om jou gedagtes op Hom & Sy beloftes te fokus. En wanneer jy kragteloos voel, draai na die Kragtigste Een. Onthou Paulus se woorde in Romeine 8:

“For I consider that the sufferings of this present time are not worth comparing with the glory that is to be revealed to us.” Romans 8:18 ESV

Gaan lees sommer die hele Romeine 8 😉 Dit het my opnuut aangespoor.

Seën vir julle! ♡

WAY MAKER, MIRACLE WORKER

Vandag was ‘n wonderwerk-dag.

Jy ken daai dae wat jy voel jy wil eerder weghardloop en in die bed gaan klim met ‘n warm koppie tee en beskuit (óf koffie óf ‘hot chocolate’) en die duvet hoog optrek – want alles wat vandag moet gebeur, is net té veel!

Ek het onlangs weer voltyds begin werk (my 4 maande kraamverlof voel al soos iets in die verre verlede!) en my kollega (en goeie vriendin) is tans met ‘adoption leave’. So…daar word maar redelik soos ‘n af-kop-hoender rondgehardloop (ek drafstap regtig tussen die sale om tyd te spaar!) en elke nou en dan voel ek kompleet soos ‘n verkleurmannetjie op ‘n smartie-boksie. Okay, sommige dae is beter as ander. Maar jy kry die idee, nê?

Oppad werk toe sing ek ‘n liedjie van Leeland…ons het hom die naweek by selgroep geluister…”Way maker, Miracle worker, Promise keeper, Light in the darkness…that is who You are
…” en ek gesels sommer met die Here…okay, dalk meer net soos “Here help my asseblief, ek het geen idee hoe ek alles vandag gedoen gaan kry nie! Ek stres, ek’s moeg, ek kan nie… Want sien, vandag moet ek saalrondtes doen (so 40 pasiënte), die studie-pasiënte kom, dis Morbiditeit & Mortaliteit vergadering, ek wil nog die beloofde babakleertjies by George Child Welfare gaan aflaai én êrens moet daar nog uitgemelk word ook!

Ek het nul “geestelik” gevoel (watookal dit beteken, nê) en na my eenvoudige vra-vir-hulp van Hom vroeër die oggend het daar niks “supernatural” gebeur nie. Of so het dit (aanvanklik) gelyk.

Ek het admin begin doen, e-posse gelees, oproepe gemaak, voorskrifte geskryf, pasiënte ontslaan. 10uur kom en gaan en ek wik en weeg of ek eers moet uitmelk of tog maar gou saal toe moet gaan. Ek kies die saal…en daar staan die vrou van George Child Welfare by ons hospitaal se apteek! Sy was (toevallig?) die oggend daar vir ‘n vergadering. As ek besluit het om eers uit te melk, sou ek haar gemis het! Ek kon toe sommer die babakleertjies vir haar gee. Een ding maklik afgehandel sonder rondryery! Halleluja.

Die volgende ding was die studie-pasiënte. Die enigste man wat sou kom, het gekanselleer – hy kom eers môre. Halleluja.

En toe is dit die M&M vergadering. My baas bied aan om die vergadering te lei. Hy het reeds ‘n paar onderwerpe wat hy wil bespreek. So, ek hoef nie voor te berei of Powerpoints te maak nie. Halleluja.

Die kersie op die koek (want ons dien ‘n Pappa-God met ‘n Vader-hart wat sy kinders soms ‘n bietjie wíl bederf), is dat ‘n onlangse kennis (wonderlike mens, mamma en besigheidvrou – meer oor haar later) vir my met iets spesiaals wil “bless”! (Dankie! Jy weet wie jy is😘)

Ek staan verstom. Een na die ander ding het in plek geval en uitgewerk. Hierdie “horrible”, amper-onmoontlike dag met ‘n lang lys van “to do’s” was toe op die ou end glad nie so sleg nie…

Gaan luister ‘Way Maker’:
https://youtu.be/iJCV_2H9xD0
Ek’s seker dit sal jou “bless”. Dit het vir my baie beteken.

Lekker slaap, mede-mammas,

GASSKRYWER

Ek het op hierdie stukkie afgekom en dit is baie gepas vir vandag se koue, triestige weer in George.

Hierdie wêreld is dikwels koud, donker, of sommer net boos. Die lewe is nie altyd nét maanskyn en rose nie…en vandag skets ons die donkerte en seerkry met woorde…

Maar voor ons té diep in die spelonk van negatiwiteit verdwaal 😊, word ons herinner dat daar altyd êrens HOOP is.

Onthou, daar is met elke nuwe dag ‘n sonsopkoms. En elke donker wolk het ‘n silwer randjie… Soms is ons visie net ‘n bietjie te  ‘clouded’ om dit raak te sien.

|| J A M M E R ||
Deur Magda Burger

Du Toit se oordrom het gebars.
My hart wens om die pyn weg te neem.
“Mamma is jammer,” probeer ek troos.
“Hoekom is Mamma jammer?” vra hy.
“Ek is jammer dat jy so seer het,” huil ek saam.

Die hartseer knaag die maand aan my hart. Sommer net pure seer. Want die wêreld is ‘n seerplek. Sonder genade. Sonder pleisters.

Ek besef daar is mooi in die lewe, maar vir ‘n rukkie wil ek net ruk van snikke en my neus behoorlik uitblaas en nie na die misvormde prentjies van mooigoed tussen trane deur kyk nie.
Want partykeer bring die mooigoed die trane. Die liefdespand wat jy met trots gedra het. Die eens agtermekaar-mens wat alles kon doen. Die drome wat lugkastele gebly het. Die paradys waar daar nou net donker storms heers. Die oogwinke – wat dalk al jare kom – waarin alles verander.

Ek is jammer.

Miskien sal jy toelaat dat ek saam met jou in die reën sit.
Langs jou.
Ek kan nie die reën laat ophou nie… maar ek het dalk ‘n sambreel.