HUMMUS

* Kekerertjiesmeer *

“Kids LOVE dipping stuff” –
Dis ‘n maklike & potensieel gesonde manier om verskillende groente(stokkies) in jou kleinspan se lyfies te kry!

Die gesondheidsvoordele van Chickpeas sluit in:
Dis hoog in vesel, ‘n bron van proteïene, propvol vitamienes en minerale en het ‘n laer glisemiese indeks (‘low GI’) – wat beteken dat dit help om bloedsuikervlakke te beheer!

Loer hieronder vir 2 maklike Hummus resepte. Die eerste een is vir almal wat hou van ‘n vars ‘plain’ smaak. Die 2de resep het ‘n voller smaak en is vir dié wat bietjie meer met speserye wil eksperimenteer en hou van ‘n “skop”! Albei is baie ‘yummy’ en gesond!

WENK: Gooi ‘n klein bietjie koue water by die mengsel om dit makliker te meng/’blend’ en romerig te maak.

Dankie aan Nadene Esterhuizen en Nancy Cloete vir die 2 resepte!

TUISGEMAAKTE GRONDBOONTJIEBOTTER

Sommige Gesondheidsvoordele van Grondboontjiebotter:

  • Hoog in Proteïene
  • Hoog in Vesel
  • Hoog in Vitamiene B
  • Hoog in Minerale, soos Kalium & Magnesium
  • Hoog in Antioksidante
  • Help om Cholesterol te verlaag
  • Dit bevat meestal onversadigde vette (die gesonde soort vette)
  • Kan help met gewig-beheer
  • Reguleer bloedsuikervlakke
  • Sommige studies toon selfs ‘n vermindering in die risiko om Diabetes, Hartsiektes en Kanker te ontwikkel!

Pasop vir winkel-gekoopte grondboontjiebotter wat ekstra bygevoegde suiker, sout en gehidrogeneerde olies (‘hydrogenated fats’) bevat – hierdie minder gesonde olies keer dat die natuurlike olie van die grondboontjiebotter skei en dit verhoog die transvetsuur-inhoud.
(👉Lees die ‘labels’)

Die gesondste bly maar die suiwer gemaalde neute (met of sonder ‘n bietjie olyfolie – geen ander byvoegings!)
Kyk hieronder vir ‘n maklike resep. 🥣🥄

Die porsiegrootte vir grondboontjiebotter wat aanbeveel word is ongeveer 2 eetlepels & indien dit saam met ‘n gebalanseerde diëet geniet word, dra dit by tot ‘n gesonder jy! 😁