ONSEKER

Met my eersteling het ek aan behoorlike ‘cabin fever’ gelei. Ek kon nie wag om net die huilende bondeltjie in iemand anders se arms te plaas, dat ek kan gaan stort of eet of ‘n draai gaan ry nie. (Doodeerlik -jammer liefie!) Maar dis hoe dit was. Met my eersteling het die eie-ek stukkie vir stukkie afgesterf. Die ou-ekke is stelselmatig vervang deur die nuwe mamma-ek. Ek, as mamma, is inderwaarheid saam met my seuntjie gebore – my geboorte was net meer van ‘n uitgerekte pynlike proses…

Ek het daarna gesmag om my stetoskoop weer om my nek te hang. Ek wou weer voel hoe dit is om aan ander “meer belangrike” dinge as drink-slaap-doek skedules te dink. Ek wou weer ondersoek, redeneer, gevolgtrekkings maak…diagnoses maak. Ek wou my blou handskoene aantrek, bloedtrek, drips opsit, my pen optel en notas maak…
Dit was tóé.

Met die 2de een is dit anders. Of ék is anders, ek weet nie. Dalk besef ek nou hoe tydelik alles is, hoe vinnig die uurglas regtig leegloop. In ‘n oogwink is die (eens huilende) bondeltjie groot – hy hardloop skielik reguit na sy karretjies-mat en hou homself besig met sy Duplo en ‘digger loader’ en ‘cherry picker’…
Dalk besef ek rêrig nou dat dié kleine lyfie nooit weer perfek op my bors gaan pas en rustig aan die slaap raak nie.
Dalk is dit omdat jongste so ontsettend siek was en gedagtes van die einde ‘n nare realiteit was. Maak nie saak wat die redes is nie – dis heelwaarskynlik ‘n mengelmoes van almal…

Ek kyk af na boetiebaba wat rustig in my arms slaap – so tevrede in ‘n melkbeswyming. Sy klein baba-handjie is steeds om my wysvinger gekrul – veilig, naby, ék is sy sekuriteit. Netnou gaan sy ronde kraal-ogies weer oop en al soekende met my wil gesels. Daai kosbare sagte baba-geluidjies…
Wakkertyd is hy maar ‘n regte klein ‘moaner’ soos hy kerm-kerm in my arms bons. Ons noem hom glad al “Fiksie & Smiley”! Want ek glo mos aan LEWE-SPREEK en die krag van die tong. So “Fatties & Moanies” gaan nie werk nie. 🤣

Dié keer is ek onseker…
Oor teruggaan werk toe, oor daai stetoskoop waarna ek só gesmag het 2jaar gelede, oor diagnoses maak en vergaderings en oproepe en en en…
Oor mamma-van-twee-wees, oor vrou-wees, die oggendroetine, die “school run”, die huishouding, die admin, inkopies, kosmaak, wasgoed, skoonmaak…

Hoe ‘juggle’ ‘n mamma alles?
Hoe laat val jy nie een van dié balle nie?
Ek het eenkeer gelees dat mens soms maar ‘n bal of 2 gaan laat val – soms perongeluk, soms aspris. Maar solank jy nie 1 van die glasballe laat val nie, gaan alles ‘okay’ wees.

My God en my man en my kinders (en my pasiënte) is my prioriteite. Dít is my glasballe.

Mammas, hoe lyk julle glasballe?
Hoe ‘juggle’ julle alles? Voel dit soms te veel? Voel julle ook by tye onseker?

Vrede &Vreugde ♡
.
.
“If you decide for God, living a life of God-worship, it follows that you don’t fuss about what’s on the table at mealtimes or whether the clothes in your closet are in fashion. There is far more to your life than the food you put in your stomach, more to your outer appearance than the clothes you hang on your body. Look at the birds, free and unfettered, not tied down to a job description, careless in the care of God. And you count far more to him than birds.”

Matthew 6:25‭-‬26 MSG

GEDULD

Om ‘n mamma van ‘n woelige 2-jarige te wees, is vir my een van die mees ‘humbling’ ervarings nóg!
Hy hou my op my tone, maar terselfdertyd stewig op my knieë🙏

‘n Winkeluitstappie is lankal nie meer so eenvoudig soos jouself regkry, handsak gryp, ‘n paar “greenbags” agter in die kar gooi (ek probeer hard om nie meer plastieksakke te koop nie!😬) en daar gaan jy nie!

Nee, met hierdie klein woelwater word elke grens getoets…. “Ek wil nie daai t-shirt aantrek nie. Nee, ook nie daai een nie! Híérdie een, hy’s lekker” (ons het die woord NEE agtergekom) ….. “Nee, mamma, ek ry nou eers op my balance bike”…. “Ek het ‘n piepie” (ons ‘potty train” tans)
En dan is daar natuurlik al die wonderlike ‘space ship’ knoppies op die motor se paneel wat gedruk móét word …”Wat doen hierdie een en wat doen híérdie een, mamma?”
Díé leergierige 2-jarige se nuuskierige ogies mis niks!

Op die foto verskyn my aspatat by die winkelsentrum se parkeerarea. “Ons” moet nou eers op elke sement-bal (watookal mens hierdie ‘obstacles’ noem?) gaan sit voor ons in die motor kan klim! Elkeen word in ‘n ry uitgetoets. “Kyk die snaakse balle, mamma!”
….’Nevermind’ sy huilende honger kleinboet van 2-maande en sy ma en ouma wat hom ‘n paar keer moet aanmoedig om te “Kom nou, liefie”!

Aaaaagh! Soms voel dit of ek kan bars van ongeduld en sommer net frustrasie…ek moet bieg.
Maar kyk nou net hierdie oulike mensie: hy ‘explore’ en leer elke dag nuwe opwindende dinge! Ek wil nooit die ontdekkingsreisiger binne hom tem nie.
(Alles binne perke tesame met gehoorsaamheid, natuurlik) 😉😉

Ek dink die Here wil my iets leer… 😉

“Patience is a virtue”
Patience (noun) = the ability to wait calmly; the capacity to accept delay without getting angry | Virtue (noun) = a quality or trait that most people consider to be morally good or desirable in a person

Vrede & Vreugde!


GASSKRYWER

Ek het op hierdie stukkie afgekom en dit is baie gepas vir vandag se koue, triestige weer in George.

Hierdie wêreld is dikwels koud, donker, of sommer net boos. Die lewe is nie altyd nét maanskyn en rose nie…en vandag skets ons die donkerte en seerkry met woorde…

Maar voor ons té diep in die spelonk van negatiwiteit verdwaal 😊, word ons herinner dat daar altyd êrens HOOP is.

Onthou, daar is met elke nuwe dag ‘n sonsopkoms. En elke donker wolk het ‘n silwer randjie… Soms is ons visie net ‘n bietjie te  ‘clouded’ om dit raak te sien.

|| J A M M E R ||
Deur Magda Burger

Du Toit se oordrom het gebars.
My hart wens om die pyn weg te neem.
“Mamma is jammer,” probeer ek troos.
“Hoekom is Mamma jammer?” vra hy.
“Ek is jammer dat jy so seer het,” huil ek saam.

Die hartseer knaag die maand aan my hart. Sommer net pure seer. Want die wêreld is ‘n seerplek. Sonder genade. Sonder pleisters.

Ek besef daar is mooi in die lewe, maar vir ‘n rukkie wil ek net ruk van snikke en my neus behoorlik uitblaas en nie na die misvormde prentjies van mooigoed tussen trane deur kyk nie.
Want partykeer bring die mooigoed die trane. Die liefdespand wat jy met trots gedra het. Die eens agtermekaar-mens wat alles kon doen. Die drome wat lugkastele gebly het. Die paradys waar daar nou net donker storms heers. Die oogwinke – wat dalk al jare kom – waarin alles verander.

Ek is jammer.

Miskien sal jy toelaat dat ek saam met jou in die reën sit.
Langs jou.
Ek kan nie die reën laat ophou nie… maar ek het dalk ‘n sambreel.

PEDIATRICS & ME

Mammas, ek is ongelooflik OPGEWONDE om julle hiervan te vertel!

Ek en die kinder-dokter, Dr. Nické Theron van Pediatrics and Playdough, het koppe (en harte) bymekaar gesit om vir julle ietsie spesiaals op te tower…

Een keer per maand gaan ons ‘n mediese onderwerp/toestand of siekte kies en dan het AL die mammas (en oumas) die geleentheid om hul vragies in te stuur!

Daarna gaan Dr. Nické in ‘n interessante artikel julle vrae beantwoord!

Hoe klink dit?

Vrede, ♡

@medicine.mommy.sa
@pediatrics_and_playdough

Ontmoet vir dr. Nické Theron!

Hello! My name is Nické Theron and I love kids! From as far back as I can remember I wanted to work with children and this dream was realized when I qualified as a paediatrician at the University of the Free State in Bloemfontein. In 2017 our beautiful baby boy, Eran, was born and he made me a mommy! It was the perfect mix of theory and practical experience! I have a passion to help other parents understand more of the what, why and how of these tiny humans. The wonder of neonatology and the resilience of kids in developmental paediatrics are also special interests.

In 2018 we embarked on a new adventure with my husband, André, who is doing a fellowship in Leuven, Belgium. It is a privilege to watch our son grow and develop while exploring Europe, and learning from mothers from around the world.

“For You created my inmost being; you knit me together in my mother’s womb. I praise you because I am fearfully and wonderfully made; Your works are wonderful, I know that full well.”

Ps 139:13-14

DIE BABA-SIKLUS

Aan al die mammas met jong babas – hierdie een is vir julle…

My jongste, nou amper 4 maande oud, is stééds op die 2-uurlikse klok! Jy kan maar weet, as die uurwyser nader aan die 2-uur merk kruip, is dit asof daar ‘n alarmpie binne hom afgaan…en sy stembande aktiveer!
Die hele doek-voed-burp-sus-slaap siklus perk mens vreeslik in…wel, ten minste is dit voorspelbaar, nê?
Maar as ek eeeenige iets nie-babaverwant gedoen wil kry, is die normaalweg rustige ekke (kyk, ek hou van n bietjie ‘dawdle’) nou ‘n volwaardige ingeoefende ‘speedy gonzales’.

Dan is boetie ook ‘n regte ‘velcro’ baba. Tydens wakkertyd is hy nét in jou arms tevrede…en dan is hy nog kieskeurig ook: met hóm mag jy nie sit nie. Glo my, al is hy vas aan die slaap, wéét hy as jou boude die bank raak. Dan word daar behoorlik keel opgesit tot jy weer hom stap-stap in jou arms bons – tot jou rug lam is en jou arms wil afbreek…

En dan, as jy hom uiteindelik v.e.r.s.i.g.t.i.g in sy bedjie wil neerlê, maak Oudste die deur oop! My oë en mond vra hom om groot asseblief saggies weer uit te gaan…”Ek maak gou vir boetie aan die slaap”, fluister ek deur my tande. So oulik soos wat my oudste kabouter is, kan die hele baba-aan-die-slaap-kry-met-oudste-in-die-huis situasie soms baaaaie frustrerend raak!
My woelwater vra kliphard terug: “Slaap boetie?!” Ek skud my kop “ja”. En doef-doef-doef hardloop hy weer by die kamer uit…net om te onthou dat hy die kamerdeur moet toe trek (of in sy geval, meer soos toeklap). Gwaaah-kliek gaan die deur weer op knip. Ek sus en shhhhh shhhhhh shhhhh van voor af weer vir boetie, wie se oë natuurlik nou weer wawyd oop is. Gaaf, dankie seunie.

Sug.

O ja…en die ergste van als is: wanneer ek wel vir 5 minute op die kombuistoonbank sit en my nou-al-koue koppie rooibostee geniet, hoor ek (‘non-existent’) babas wat huil…

Wie weet waarvan ek praat??

Vrede vir julle,

‘Dawdle’: talm, draai, tyd vermors

AG, DIS SOMMER…SNOLLIES

Winter: loop-neusie-seisoen.

Daardie verdomde klewerige mukoïede substanse wat gestalte kry agter in jou baba se petite lugweë…dis regtig sleg.
En dit suig nóg meer as jou klein mensie as gevolg van díé goed nie kan asem kry nie!

Dit klink dalk simpel, maar ek sal jou sê, dit was vir my een van die mees angswekkende ervarings toe my jongste (toe 1 maand oud) erg benoud na sy asem gesnak het – babatjies haal hoofsaaklik deur hul neusies asem – en dít nog in die hospitaal en op suurstof!! Dis mal hoe vinnig so iets kan gebeur….

My boetiebaba was vir die tweede keer in ‘n week se tyd by die hospitaal opgeneem. Eerste keer, virale meningitis (sien op Facebookblad: ‘Meningitis – As jou brein pyn’). Dié keer met bot-toe longetjies, ribbekassie wat intrek en magie wat paradoksaal uitpop soos hy probeer asemhaal. Diagnose: RSV (sien ‘RSV – Really Stupid Virus’).

Later, veilig in die kindersaal, kan ek mos nou semi-ontspan. Vasgeplak teen sy klein wangbeentjies loop die nasale kanules wat suurstof volstoom in sy neusie blaas. Hy kry gereeld neusdruppeltjies om al die hardnekkige slyme los te maak en op te droog. Selfs die fisio kom beklop hom 2 keer per dag. Als was okay. Beter…En toe word dit nag. Letterlik.

Ek weet nou nog nie presies wat gebeur het nie, maar êrens deur die loop van die nag (en kyk, nagtelike ure in ‘n hospitaal kan laaaaank voel!) het hy begin benoud word. Nie van sy borsie nie, maar van sy toe neus! Druppels word klokslag ingegooi, suurstof hardloop op ‘full blast’ en skielik sit ek met ‘n kermende mensie wat hyg-hyg en gor-gor snak na sy asem!

Dank Vader die pediater het vroeg rondte kom doen en hom haastig by my geneem toe sy sien hoe hy sukkel en stoei.

Nou ja, slyme is uitgesuig (die goed gaan lê glo soos ‘n oester agter in die nasofariks), nóg neusdruppeltjies…en my klein mensie skep weer genoeg lug om hom te verlustig aan moedersmelk…

Vrede,
Alyssa ♡

NS. As dit by jou eie kinders kom, raak die skerpste dokter maar lekker dom. Skies, ek veralgemeen nou erg. Maar ons is net nie objektief genoeg nie. Daar’s net té veel emosies betrokke. Daarom is ek maar eerder oorversigtig en kry maklik ‘n tweede opinie. My kinders het ‘n wonderlike pediater…

Foto:
My vriendin het hierdie oulike apparaat aangekoop – die BabyVac. Dit werk soos ‘n bom. Konnekteer hom aan die stofsuier en ‘whaa-laa’.
(Kry hom by Dis-Chem Pharmacies)

Oppas net vir té veel gebruik – dit kan die delikate slymvliese irriteer om nóg meer slym te produseer en swelling te veroorsaak. Sien die vervaardigers se aanwysings.

GASSKRYWER

Sy is ‘n ontwerper [brand & web design] en eienaar van Make Me Visual.
Sy is ook een van ons eie mammas!
Lekker lees & gaan ‘like’ gerus haar facebookblad, Someone’s Superwoman.

//  I  S U R R E N D E R  //
Deur Maryke van Wyk

Having a baby has probably been the biggest life challenge I’ve had to face (and I’m only 4 months in). It has been a constant struggle between self and self-sacrifice. I am used to my to-do lists, coffee, goals, time-blocking and running around until everything is done. Social media often suggests that we can “do it all” and “have it all”, the only thing standing in your way is yourself and that “hard work” and being “goal driven” will get you everywhere. This sets us on a path of always chasing the ultimate “Instagram” lifestyle and makes it extremely difficult to find joy in exactly where you are.

This has been my struggle. I had the picture of having my beautiful baby whilst working my badass mom butt off while she sleeps. Once she wakes up I’d sweep her up and play all kinds of stimulating games until she gently falls back to sleep so that mamma can put in the hours to make some money.

Only, that’s not how most babies work. When baby sleeps, I try to catch up with washing, eat something and the moment I sit down to work – she wakes up. It has been a constant challenge to get work done which has created immense stress every day. I’m tired, not so much because of a lack of sleep, but because I’m constantly behind in pretty much everything. I’m running, trying to catch up on a lifestyle that I had before that I just find impossible to maintain. I’m angry and frustrated because my baby doesn’t want to fit into my routine. I panic and find myself spiralling into a dark hole because how will I ever catch up? How will I ever maintain my “have it all” lifestyle?

And so one-day last week everything just went up in flames. Baby was crying. I was crying. I was stuck. I was being a terrible mom, waiting every moment for baby to sleep and at the same time, I was not getting any work done. I was failing at everything. And in that painful moment, I decided to give up. I decided to drop all the balls. I picked up my baby, I held her close and comforted her until whatever was wrong was better. I let her fall asleep on my chest and enjoyed her closeness while she slept. She woke up and I put her down in the sun, talking to her and playing her games and once she was tired I picked her up and helped her to gently fall asleep. We had the best afternoon in a long time.

I suddenly realised that I no longer was the person I was before, it was no longer just me. I have lost a part of me, but I have gained another and I needed to embrace the new part of me. I was now a mom.

There will come a time when the individual me will become more prominent again – maybe when she is 2 and going to a playgroup, maybe when she is 6 and going to primary school or maybe at 18 when she spreads her wings. But that time is not now. It is time now for sacrifice and for surrender – to enjoy baby legs kicking, spit on all my clothes, one-sided conversations and baby milestones. And I have found the biggest JOY in total surrender to love.

Only now can I look back and see how focused on the “self” my thoughts were. We are bombarded with the idea that you shouldn’t lose your identity in your baby. I know that was definitely one of my biggest fears – losing my time because someone else is dependant on me. But my identity right now is all about my baby and I’m tired of having to apologise for that. I am the best me for my family when I can whole-heartedly surrender to being a mom.

Yes, there are challenges that I need to find solutions for – I will need to find a better way of working and I will need to find new ways of looking after myself, but I’m not saying sorry for being a mom. I find so much joy in following my baby’s cues which means I don’t have to stress about sleep training, spoiling baby or right/wrong. I can focus on prioritising what she needs to flourish into a confident and one day, an independent young woman.

I was questioning myself on whether being a mom and sacrificing my independence is wrong and suddenly realised that the epitome of love, Jesus Christ, sacrificed himself so that we can be confident children of God, never doubting in His love. So that answers my question way better than any Facebook group or Google search could ever do. I am surrendering to motherhood and have found so much joy in doing so.

Are all my problems solved? No. Can I stop working and just bask in baby every moment of the day? No. But when everything becomes too much and the balls are starting to drop, I know which balls to drop. My biggest priority will not become my biggest burden. I will gladly face people’s persecution saying that I am doing things wrong for the joy of being a present mother. I can suddenly breathe again, deep breaths in the sweet joy of surrender, of not “doing it all” and “having it all”. I am failing spectacularly at a few things but goodness, I am achieving new heights in others. I would rather succeed in a few things than being average in many things.

This is not a struggle, it’s a victory. This is the best and hardest thing to happen to me and I would choose it over and over again. Because we can never really grow if we are not challenged and this challenge is bringing to light new parts of my identity that I never could have imagined. I am definitely still a work in progress and some days are hard – so hard. But when the storm passes and I look back I see the GRACE that carries me and I think of Paul who wrote to the Philippians saying, “And I am certain that God, who began the good work within you, will continue his work until it is finally finished on the day when Christ Jesus returns.”

Every mom’s surrender looks different, so never compare where you are to someone else, but I hope and pray that I can remind someone to find joy in where they are right now. It does require sacrifice and sacrifice is painful, but it creates the space for new joy to flourish.

– Someone’s SuperWoman –
‘because there is always someone looking up to you’

📸 LIV Maternity and Newborn Photography

OP DIE KLOK

Vir dié wat hierdie nog nie gelees het nie.
Óf wat dit net weer moet hoor… soos ek. Want ons is steeds op die 2-uurlikse klok…

☆     ☆     ☆     ☆     ☆     ☆

Wie is tans saam met my wakker? As jy ‘n mamma is (of selfs ‘soon to be’, want kom ons wees eerlik: daai klein lyfie bons behoorlik op jou blaas hier teen die einde!) is die kanse goed jy is eeeeeen of ander tyd deur die nag op.

Of dit nou borsvoeding of bottelvoeding is, piepies en sopnat-bednatmaak-want-die-doek het-gelek, die “gewone” nommer2’s en doekruil of die buitengewone projektiele oepsies en waterkaskenades (ons het een keer die fout gemaak om toe te laat dat ouboet ‘waaaaay’ te veel olywe eet…en die GEVOLGE daarvan gedraaaa! Ek meen komaaaaan, watter 2-jarige hou so baie van olywe??), of dit tandekry of koors of wakker-hoes of snotneusies is (daar’s min dinge so sleg soos ‘n baba met ‘n toeneus…Sien “Ag dis sommer…snollies”), of selfs ‘night terrors’ (dis glo vreesaanjaend!! Jou klein mensie skree en huil en is eintlik nog vas aan die slaap)…
Middernagtelike wakkerwees-sessies kén ons mammas van…

Vanaand is ek weer ‘on the clock’ – my boetiebaba drink elke 2 ure. Gulsige knapie dié… Ek’t vanaand gelukkig die kans gekry om vroeg in die bed te kruip, so kon darem ‘n voornag-slapie inkry! Maar weë o weë, môre voel dit maar weer of ek in die ’twilight zone’ rondsweef, al hoog-trappende met ‘n wollerigheid in my kop…

Inelkgeval, mede-mamma, ‘this too shall pass’. Vasbyt en wees sterk en maak maar daai 2de koppie oggendkoffie (in my geval is dit meer soos “eet maar daai blokkie fudge, al is dit nou eers 8uur die oggend”)!

Jou opofferrings en min slaap word raakgesien.
En ons gaan anderkant uitkom en dit gaan okay wees.

Vrede,
Alyssa

VADERSDAG 2019

Gelukkige Vadersdag aan al die Pappas en Oupas!

Ek het hierdie GEDIG ‘n hele paar jaar gelede vir my aardse Pa geskryf. En vandag is ek so dankbaar vir die rots en steunpilaar wat hy vir my was en steeds is. Vandag is hy ‘n wonderlike Oupa vir ons twee kabouters en ek wéét hy gaan in hulle lewens ook ‘n belangrike rol speel.

Vandag kan ek ook met ‘n ongelooflike dankbare hart sê dat my wederhelfte die beste man en Pappa vir ons twee seuns is: ‘n man wat God se wil vir sy en ons lewens soek, wat my kom leer het wat onvoorwaardelike liefde is, wat sterkstaan wanneer ek soos jellie voel en wat ‘n absolute ‘hands-on’ en betrokke Pappa is.

Liefde & Vrede
Alyssa

Sterke man van God,
geanker, rotsvas
diepgegronde fondasie
draer van geluk en las


Son: verteer, skroei
Sy arms uitgestrek – skadu, koel
tyd staan stil. Rus.
bedaar, ervaar, vóél


Vlerke omvou, omring
ek, kind só weerloos
bondel sagte dons, beskerm
troos en liefkoos


Groot hart. Dapper man.
Veg teen mens en ‘onrein dier’
“Vrede, moenie vrees,
want Ek is hier.”

– Alyssa Loftus

WELKOM BY MY 》BLOG《

Frankly My Dear Photography

“Mede-mamma, jy IS genoeg. “

— Alyssa Loftus.

Kom lees, deel, lag & huil (net soms) saam met my soos ons die lewe & ma-wees aanpak & geniet!

Kliek op VOLG om die nuutste stories in jou inboks te ontvang.