DIE HORLOSIE

Mammas, moet julle ook altyd 2 van die selfde iets vir die sibbe koop?
2 nuwe karrretjies, 2 pare skoene, 2 tops, 2 horlosies…

Net soos wat ek begin dink ek het nou hierdie mamma-wees-ding onder beheer (julle, dit raak beslis makliker soos hul ouer word), dan gebeur iets soos gister!

Ek het ‘n #epicmomfail oomblik gehad.

Hierdie week was ‘n wilde rit… En tussendeur die rondhardloop (dis nou al die werk, kinders, skool, swem, sokker, en darem nou en dan in”check” by my man sodat ons nie té veel verby mekaar begin leef nie), skiet ek gou in Toys”R”Us in om geskenke vir 3 seuntjie-maatjies wat binnekort verjaar, te koop.
Wow, hoe kies mens tussen al die robotte, afstandbeheerde motors, dinosourusse met oë wat ophelder en vreeslik kan lawaai? Darem so 10minute later, maak ek my pad na die betaalpunt (in my mandjie ‘n robo-lizzard, ‘n DIY fiets wat seuna saam met pappa kan bou en ‘n trok met karretjies in sy pens (‘carry case truck’).
Ek voel in my skik… Dit was nou pynloos genoeg.

By die betaalpunt, vang ‘n rak met kinderhorlosies my oog – kleurvol en eintlik lekker ouderwets – dit wys nog die nommertjies met wysers! Alles is deesdae so digitaal…
Ek kies ‘n bloue met ‘n ‘silicone’ bandjie – Oudste sal hiervan hou. En dan kan ek hom tyd leer lees. Hy’s mos nou al 5 en in Graad R! (Graad R is mos deesdae “groot skool”, ‘n popperse gráád, met rapporte en uitkomstes en als. Dit was nie in mý tyd so nie…)

Anyhooo…

Ek het vir ‘n oomblik oorweeg om vir Boetie ook een te kry, dalk een met dinosourusse op…Maar ek besluit toe om dit eerder weer op die rak se pennetjie in te ryg. Boetie is 3, en nog té klein vir tyd “lees” (of so het ek gedink). Ek wou nie nou R130 “mors” nie.

By die huis gekom, ontdek Boetie toe die sak vol geskenke. Hy verstaan die ander geskenke is die maatjies s’n, maar toe Oudste sy blou horlosie kry, was die teleurstelling op Boetie se gesiggie BAIE duidelik.
Hoe kón ek nie vir hom een gekoop het nie?
Die aand-roetine wat vlot móés verloop, en die kinders wat vroeër in die bed móés kom sodat ons vir ‘n slag ‘n bietjie alleentyd kon hê, het toe (“needless to say”) glad nie so uit gewerk nie.
Boetie was histeries. My pogings tot logiese verduidelikings het natuurlik op ‘n 3-jarige se “dowe” ore geval… Hy het op die ou end al snikkend aan die slaap geraak
(met my aan sy sy)…

Hy het darem vanaand, toe ek by hom lê, gesê: “Mamma, jy is “bea-u-ti-ful”. Gevolg deur ‘n spoegsoen op die wang.

Ek dink ek is vergewe.

One comment

Laat 'n boodskap na scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s