LAAT MY TOE

laat my toe om jou
‘n klein bietjie langer lief te hê
terwyl jy nog so klein en nuuskierig is
voor ek dit dalk eendag berou
en ek jou hopeloos te veel mis
wanneer jy té groot is vir my skoot,
want: “mamma, ek’s mos nou mooi groot”

laat my toe om jou nag te soen
en ‘n bietjie langer vas te hou
my arms styf om jou te vou
en te fluister: “ek’s so trots op jou”

jy roep my terug
vir net nog één bybelstorie,
vir ‘n laaste gebed
en ek kom sit opsetlik by jou
asof ek al die tyd in die wêreld het

die kombuis kan wag
die skottelgoed taai-gestapel bly staan
die wasgoed is môre steeds daar
en al sou die wêreldse dinge vergaan,
is ons herinneringe vasgevang in jou lag

Alyssa Loftus

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s