God is regverdig, almagtig, só groot
tog roep Hy mý al in my moederskoot
Sy hoop beskaam nie, Sy planne is goed
al was die mensdom vervloek
toe Adam en Eva die tuin van Eden moes groet
ons was eintlik nooit bestem vir die hel nie,
maar deur menslike opstand en innerlike rebellie
kies ons afstand, verwydering van alles wat goed is
Sy plan was egter heerskappy, liefde en ware rus
maar wat is ware liefde sonder ‘n keuse?
en hoe maak die eet van ‘n appel ‘n reuse
verskil? en verander verhouding en vriendskap
en vrede tussen God en mens –
versoening is Sy wens
maar vir volkome regverdigheid om werklik te seëvier,
moes íémand die las opneem en die pyn verduur –
die prys betaal vir ons sonde
ons kwytskelding word bewerkstellig deur Sy wonde
ware liefde en ondenkbare groot genade
ontmoet volkome regverdigheid & absolute waarheid
deur Sy voorsiening is die onbekostigbare prys
namens ons betaal aan die Kruis.
©️ Alyssa Loftus