kom ons verf jou gesiggie,
jou wange en jou neusie
dan kan ons lekker speel
en hoef nie die son te vrees nie!
verf jou arms en jou bene,
borsie, rug en magie
en om te keer dat die son jou brand,
verf ons nog ‘n ekstra lagie
onthou jou grafie en jou emmer
en al jou see-speelgoed
pak in jou handdoek en die sambreel,
maar onthou tog ook jou hoed!
Alyssa Loftus
Hierdie is sommer ‘n lekker ligte en pittige somer-rympie.
Ek sing gewoonlik ‘n liedjie en vertel my kinders ek moet hulle gesiggies verf en ‘n mooi prentjie maak wanneer ek sonskerm aansmeer.
Hoe kry jý dit reg dat jou woelige kleuter stilstaan om ingesmeer te word?
NS. Maak seker jy lees ons Pediatrics and Me artikel oor Son-veiligheid. Dr Nické Theron van Pediatrics and Playdough verduidelik hoe jy jou familie dié somervakansie veilig kan hou.
Ek sien en hoor sommer die liedjie en kleintjies wat reg staan om gesmeer te eord.
LikeLike