as alles my oorweldig
en niks meer sin wil maak
as die storms om my woed
en ek sukkel om stil te raak
as die wêreld sou vergaan
en die son en maan verduister
sou ek kon hóór en werklik luister
as Sy sagte stem vir my fluister:
“wees stil en weet, net Ek is God
nêrens anders is daar rus
Ek’s die vuur in die brandende bos
en ook die reën wat die vlamme blus.”
Alyssa Loftus
Pragtig.
LikeLike
My God het nog altyd vir my gefluister as dit moeilik raak. Dis ‘n lieflike gedig. Het sy nog geskryf? Jy kan gerus nog daarvan plaas.
LikeLike
Hallo! Baie dankie. Ek het die gedig geskryf. Xx
LikeLike