VERGELYKING IS VERNIETIGEND

“Comparison is a thief of joy. “

Unknown

Jy meet jouself aan ‘n valse beeld en wêreldse standaarde… En voel dan nooit goed genoeg nie.

Ek sukkel soms om nie myself met ander te vergelyk nie – ander vroue, ma’s…selfs ander dokters (wat lyk of hul alles so goed kan balanseer!)

Ek hou nie van kosmaak nie (ek hou wel van lekker eet… Ek’s so bietjie van ‘n ‘foodie’), ek is bitter sleg met huis skoonmaak, ek kan nie tuinmaak nie (het als behalwe groen vingers – ek laat vetplante doodgaan!), ek pak nie allerhande ‘fancy’ kosblikke vir my kinders in skool toe nie en het nie tyd vir broodjies in vormpies sny nie, ek kan nie franse vlegsels maak of GHD-krulle nie (my hare kom altyd net stokkerig uit!)

My naels kan ek nie verf of laat doen nie – die 1000keer ‘n dag se handewas met alkohol-seep sal die pragtige pienk vinnig laat afdop.
Ek sit my grimering met my vingers aan (wat is ‘n make-up kwassie/borsel??) en trek in die oggend gewoonlik net die rekkie uit my hare “and I’m good to go”!

Ek’s nie goed daarmee om 100de ‘DIY arts & crafts’ projekkies met my kinders aan te pak nie… en hul speelgoed word aan die einde van die dag net in die kratte terug geprop (daar’s nie n alfabetiese sisteem of so iets nie).

As mens kyk na al die PRO Instagram-blogger-mammas, lyk hul “feed” soos iets wat op ‘n House & Leisure tydskrif se webblad hoort.
Ek’s nie ‘n professionele fotograaf of digitale ontwerper nie. Ek het ook nie ‘n magdom boeke gepubliseer nie.

WAT EK WÉL WEET IS:
Ek is ‘n vrou wat lief is vir my God. Ek is lief vir my man en my kinders. Ek sal enige iets vir hulle doen.
Al is ek ‘n introvert, is ek lief vir mense.
My lewensdoel is om te dien en te gee.
Ek wil ander sien sukses behaal in die lewe. Dít maak my gelukkig.
Ek hou van dink en droom en skryf.
En as my gedagtes en gediggies één mamma kan bemoedig, het ek my doel bereik.
Ek hou van kreatief wees en mooi prentjies op tower.
Dalk inspireer dit nog iemand om die mooi raak te sien?

Verwyder dit wat jou afbreek en nog meer minderwaardig laat voel uit jou lewe so ver as moontlik. Omring jou met mense wat die goud binne jou raaksien – jy is waardevol en het ook ‘n spesifieke lewensdoel, net soos ek.
Dalk moet jy dit net nog ontdek?

Dis vir my so spesiaal om hierdie vrou- & mamma-wees ‘journey’ saam met julle aan te pak…twee of meer sáám is mos beter as een alleen.

Deel gerus ook met ander mammas wat vandag ook bemoediging nodig het.

Xx

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s