PERFEKSIE

“Ek is dalk nie ‘n ‘text book’ perfekte ma nie, maar ek is die perfekte mamma vir my kinders.”

Alyssa Loftus

Ek besef net vandag weer: ek gaan nooit perfek wees en alles altyd 100% korrek sê en doen nie. Ek gaan nie altyd in beheer wees…of voel nie. (Daar’s iets kragtigs daaraan om soms net totaal oor te gee. (‘wholeheartedly surrender’))

Ek bid die laaste tyd ekstra baie vir insig en wysheid met die kinders – Jongste wat nog nie kan sê wat pla nie en Oudste wat op so ‘n ‘impressionable’, vormbare-fase van sy lewe is. Leer ek hom reg? Is my voorbeeld wat ek stel reg? Dissiplineer ek hom reg?

En dan is daar nog die ánder klomp vrae soos…
Lewe ons organies genoeg? ‘Eco-friendly’ genoeg? Is ons gesond genoeg?

Ek voel nie altyd liefdevol genoeg, verdraagsaam genoeg, geduldig genoeg nie.
Is ek vriendelik genoeg, sag genoeg, vroulik genoeg? Is my stémtoon sag genoeg??
Sê ek “nee” genoeg? Sê ek “ja” genoeg?
… Is ek goed genoeg?

God sê so. Hy het MY en JOU uitgekies om ons kinders se mammas te wees.
So wie is ons om te stry? 🤷‍♀️

Kom ons vertrou ook dat Hy ons sal lei…

(Voel julle ook soms soos ek? Deel gerus met my hieronder👇)

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s