HOE LYK GELOOF?

Hoe lyk geloof,
geloof wat asemhaal?
Hoe lyk genade
as dit op die aarde neer sou daal?

Dit is ek en jy,
dit is voete van klei,
dis bereidwillige hande
en gevormde vriendskapsbande

Dit is eenheid en deel,
dit is gee en opbou
Dis nie terugtrek
en alles vir onsself hou

Dit is elke treë
en elke woord
wat lewe spreek
en sny deur die dood

Al het jy min
is dit genoeg
geloof om in iemand anders
weer terug te ploeg.

♡ Alyssa

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s