Waarmee is ek besig?
Tyd staan vir niemand stil nie.
Het dit ooit ewigheidswaarde?
Of maak dit eintlik nie ‘n verskil nie?
Vergader ek skatte in die hemel
Of bou ek lugkastele?
Leef ek ‘n halwe waarheid
Of streef ek na ‘n hele?
Wat is my nalatenskap?
Los ek voetspore op die aarde?
Besef ons ons word gemeet
aan veel Groter standaarde?