TUISGEBAKTE BROOD

Hierdie resep is eenvoudig, maklik & vinnig… Perfek vir dié besige mamma van 2!

Plus! Dis ‘n gesonder opsie, sonder al die bymiddels en preserveermiddels van gekoopte massaproduksie-brood.

3 koppies bruin brood meel (ek gebruik 1wit & 2bruin)
2 koppies louwarm water
1 teelepel gis (‘instant yeast’)
1 teelepel sout

Meng droë bestanddele saam in ‘n groot mengbak. Voeg die louwarm water by en meng. Plaas deeg-mengsel in ‘n gesmeerde broodpannetjie. Kan bo-op met saadjies versier. Laat dit vir so uur op ‘n warm plek rys (bedek met ‘n doek, moenie in direkte sonlig sit nie). Ek skakel sommer solank die oond tot net-net aan en laat dit in die lou oond rys! 😉 Bak broodjie teen 180grade vir 30-40minute. (toets na 30min!)

Geniet! ♡
Dankie aan Nicole Wiese van @ardobreastfeedingsa vir die heerlike resep!

Oh ja, praat van ARDO! Onthou, jy kan 10% afslag kry op enige borsvoedingsprodukte (borspompe, ‘breast pads’ ens.) wanneer jy my Promosiekode gee: MM10. Woweeee! E-pos na nicole@ardo.co.za vir meer inligting.

ARDO is ‘n Switserse maatskappy wat topgehalte mediese produkte, asook mamma- en babaprodukte vervaardig. Gaan loer gerus op hul webblad: https://ardo.co.za/

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s