DIE “REGTE” DING

Hoe weet jy wat is die régte ding om te doen? In ‘n wêreld waar alles RELATIEF geword het: mý waarheid, jóú waarheid?

Hoe kies jy? Waarop maak jy staat? Intuïsie? “Gut” gevoelens? Besluite gebaseer op vorige ervarings? Wat sê die samelewing?

Ek besef net weer op hierdie vars nuwe Maandagoggend: my emosies kan my om die bos lei…dan voel ek sus en dan voel ek so. My vorige besluite was nie noodwendig die beste besluite nie…En die samelewing word tans ongelukkig met ‘n “anything goes”-uitkyk aan die slaap gesus…

Mag die Heilige Gees my hierdie week lei (en elke week wat kom!). Mag Hý my ware Noord wees. En mag ek werklik stil word…en na Sy stille fluisterstem lúíster. Sodat ek regtig kan weet wat die regte ding is om te doen.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s