KREATIWITEIT

Ek het die laaste week of wat gevoel ek ly bietjie aan “writer’s block”…

Daar was ‘n swetterjoel van emosies – opwinding, vreugdes en effense senuagtigheid – maar ek kon nét nie my gedagtes kreatief inryg en sinvol verwoord nie!

So, ‘n mens kan glo nie jou kreatiwiteit OP gebruik nie… En hoe méér kreatief jy is en jou passie uitleef, hoe meer GROEI dit…Maar my woorde hét min geword.

Ek word toe stil in Boetie se kamer (deesdae is dit my plek van stiltetyd hou, met Kleinboet in my arms)! En sjoe, ons Pappa-God is getrou – ek ervaar: my kreatiwiteit is ‘n uitvloeisel van my verhouding met Hom (die beste skrywer, skilder, pottebakker en algehele Skepper)…

Belê in ONS verhouding, en kreatiwiteit sal die vrug daarvan wees.


Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s