LEWENSDOEL

Jesus, Jesus
‘n Veilige vesting is U naam
Die naam waaraan ek vasklou
as alles rondom my vergaan

My stem is weg
My bene bewe
Sal U ooit my
(ongeloof)
kan vergewe?

Met knieë gebuig
en arms omhoog
My oë is nat,
maar my keel is droog

In die reënboog óf die reën
In die swaarkry óf die seën

U bly dieselfde
U bly getrou
As die lewe skaaf
kan U breek en bou

Wie ek is
is vir U glorie
In my hart
skryf U U storie

Ware liefde
en sielsgenoot
Aanmekaar geweef
in my moederskoot

In U palms
staan my naam
My lewensdoel
bereik ons sáám.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s