Het jy geweet?
God se skepping was eers vervolmaak die oomblik toe JY gevorm is.
Jy is die toonbeeld van God se koesterende karakter – jou vroulikheid, jou innerlike krag, jou dans, jou lag.
Jy voed, versorg, genees, bedaar, bemoedig, versterk.
Jy gee jou álles.
Eva, jy met jou loshare, met jou nat hare, met jou ‘ponytail’, met jou mamma-bolla.
Jy, met jou rooi lippe, met jou ‘nude’ lippe, met jou smokey eyeshadow en donker maskara.
Jy, met jou skoon gesig, jong gesig, plooi gesig, dalk-‘n-puisie-of-drie gesig.
Jy, met jou sweetpakbroek, met jou blommerok, met jou hoëhakskoene of jou gehekelde ‘slippers’.
Eva, met jou spiere, met jou ferm lyf. Eva, met jou drie maagrolletjies, met al jou kurwes.
Jy.
Punt.
Nie maar nie…of nie…want nie…
Net jy, Eva.
Jy was nog altyd (goed) genoeg.
Vanaf die begin van tyd.
Vreugdevolle Vrouedag, liefste mammas!
♡
WOW!!!! Absoluut wow!
Dankie
LikeLike
Dankie ♡ Dankbaar dit beteken iets vir jou.
LikeLike