Hoekom kan die Spreuke31-vrou lag oor die toekoms?
Want sy wéét wie sy is. Sy kén haar vermoëns en weet waartoe sy instaat is. Sy is innerlik sterk, talentvol, innoverend, ywerig, vol wysheid en insig. Sy sien die struikelblokke van die lewe as uitdagings en nuwe geleenthede, en nie as doodloopstrate nie.
Maar die belangste is: sy ken haar Skepper – die een wat die dag van môre vashou. Hý wat in die hede maar ook reeds in die toekoms is. Haar voete is stewig op die Rots geplant.
Mammas, mag ons vandag inspirasie by die Spreuke31-vrou vind. Want daar’s ‘n stukkie van haar in elkeen van ons.
Vredevolle Sondag vir julle
♡
Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.
Spreuke 31:25
Amen
LikeLike