BESOEDELING
Deur Magda Burger
Ons hoes en proes wanneer ons ongewensde gasse inasem. My bors kriewel sommer wanneer ek die bruin wolk in die lug sien en net dink hoe sleg dit vir mens is…
Maar hoe mis het ek nie die bruin wolk wat meer as net af en toe om mý hang, gekyk nie. Wanneer ek lelike opmerkings maak, my man afjak of my beeld net bietjie blinker wil laat klink as ander, bou hierdie aaklige gasse om my op – wat my én ander vergiftig.
God het Sy eie asem in Adam ingeblaas. Wat ‘n goeie aanduiding is dat God se asem ook in mý longe is.
So, met die “asem” waarmee ek praat, kan ek aaklige besoedeling aanrig. Hoeveel keer het die Bybel-manne nie geskryf oor watter gemors jou tong kan aanvang nie.
“It’s Your breath in our lungs…”
Blaas ons ook God se asem uit?
♡
》》 Mammas, kom ons KIES vandag woorde wat opbou, inspireer, bemoedig & LEWE bring. 《《
Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde.
SPREUKE 18:21 NLV