ROOMYS

Wie hou nie van roomys nie??

Fokus vandag op die mooi en die lekker wat jy voor jou het. Moenie dat dit voor jou verbygaan en dan mis jy uit op dít wat jy reeds ontvang het nie!

Moenie jouself met ander vroue/mammas vergelyk nie. Hulle het weer hulle eie “struggles”. Al lyk hul lewe Instagram-prentjie-perfek. Jy weet nie van die hartseer oomblikke agter toe deure wanneer die kamera ophou “flash” nie.

Wees vandag dankbaar vir die “roomys” in jou hand: Hoe lyk jou seëninge? Is dit jou man? Is dit jou kinders? Jou gesondheid? Jou kinders s’n? Jy het genoeg kos? Klere? Daar’s ‘n dak oor jou kop? Jy het ‘n werk? Jy haal asem? Jy kan loop, jy kan dink? Jy het vriendinne wat omgee? Jy het familie wat lief is vir jou.
Moenie dít miskyk nie. Netnou smelt dit…

“Gratitude: it turns what we have into enough.”

Onbekend.

Vrede ♡

Quote Cred: Crowned Crane. Vertaal na trots-Afrikaans.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s