KLEUTER-REDENASIES

Mamma-wees beteken elle-lange kreatiewe redenasies met jou ‘mini-me’.

Medicine Mommy SA

Ons is alweer op die antibiotika-trein…Oudste het middeloorontsteking. Eina.
Maar “high5” vir hom, want hy is ‘n regte kampioen – glimlag steeds en kla basies niks.

Die probleem kom egter in as dit medisyne-tyd raak…Die melkerige mengsel met die meelerige tekstuur en bitter na-smaak laat niemand se mond water nie! Nog minder ‘n amper 3-jarige s’n. Liewe genade, kon die stropie nie maar sjokolade- of selfs bessiegeur gewees het nie? – so aanloklik soos die Vitamien-beertjies of Reuterina koutablette! Dáái eet hy met graagte. Hy vra sommer vir nog!

Vandag was dit weer ‘n omkopery met appelsap (die bitter medisyne het in ‘n Paw Patrol glasie saam met die soet sap opgeëindig) – dít wou hy steeds nie drink nie. “Néé, mamma, hoekom? Hoekom moet ek dit drink?!” (Ja, ons is op die “hoekom” stadium…volgende storie dalk?) Natuurlik verduidelik ek…maar my antwoorde beïndruk Meneer maar min.

Toe word hy ge”bribe” met ‘n einste Vitamien-beertjie…maar toe die een beertjie nie die “trick” doen nie, maak ek toe maar die omkoopprys meer aanloklik en bied noodgedwonge 2 aan. Hierdie taktiek het gewerk, en ons kon aanbeweeg na die Calpol-stroop. Gewoonlik word só koppie sonder te veel bohaai afgesluk, maar vandag moes hierdie mamma maar ‘n Paw Patrol episode inruil vir die Calpol-drankie aanbied.

Mammas, sê my julle kan ‘relate’ ? 🙈🙃

(Diep asemhaal, tel tot…20… en nogsteeds) Vrede 😉,
Alyssa ♡

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s