AANNEMING // ADOPTION
Deur dr. Lindé Marais
Ek het reeds op skool ervaar dat aanneming deel van my toekoms sou wees. Voor ek en Francois getroud is, het ons ‘n belangrike gesprek oor aanneming gehad, minwetend dat ek jare later só PASSIEVOL daaroor sou voel…
Ek kan nog presies onthou waar ons was toe ek hom vra hoe hy oor aanneming voel…en wonderbaarlik was hy oop vir die idee.
Hierdie DROOM (en passie) het vir ‘n hele aantal jare dormant bly lê…
Aan die begin van 2018, het ek gevoel God is besig om die droom binne my wakker te maak (daar was n soort ‘stirring’ in my gees) en ek het ervaar ek moet begin navorsing oor aanneming doen: die proses, hoe en waar mens dit doen, en natuurlik, wat sê die Woord.
Hoe meer ek opgelees het, hoe meer het ek begin besef dat dit nog altyd deel van God se plan was. Sy groter plan. Met almal van ons.
Daar is 3 goeie preke oor aanneming wat hierdie baie goed verduidelik. (Sien 👉skakel hieronder) Nadat ek daarna geluister het, kan ek nie glo hoe BLIND die vyand ons gemaak het nie…
God het ONS as sy kinders aangeneem! Hy het nie gevra waar ons vandaan kom en wat ons gedoen het om sy liefde te verdien nie. Hy het ons bloot net Sy kinders gemaak. Dáárom is waar ons vandaan kom of wat ons in ons verlede gedoen het, nou irrelevant. WANT Hy is ons Pa en ons is Sy kinders! Ons is nou in ‘n nuwe bloedlyn, die verlede word as’t ware uitgevee, en ons word NUUTSKEPPINGS in Hom en deur Hom.
Jesus het ons gered! (Dit is bo-my-verstand wonderbaarlik.) Maar dit eindig nie daar nie. Nadat ons deur Jesus gered is, word ons deel van God se FAMILIE. Ons word ERFGENAME. Dit is juis in híérdie familie wat ons lewe in OORVLOED kan ervaar.
So, vir my beteken aanneming: LEWE IN OORVLOED. Deur die voorbeeld van my Vader te volg, ontvang ek en my gesin dus lewe in oorvloed. Ons red niemand nie – dít is Jesus se werk. Deur aanneming, tree ons net in ‘n lewe van oorvoed in.
♡
NS. Onthou om die skakel te volg as jy meer wil lees en luister:
👇
https://austinstone.org/resources/sermons/series/49–adopted