MEER OOR MY

Dokter van beroep, vrou vir my wederhelfte en mamma van twee besige seuntjies. My familie is my anker en my geloof, my kompas.

Deur te skryf, probeer ek sin maak van die lewe. Ek is ‘n ewige optimis, vind inspirasie in die alledaagse dinge en bewonder alles wat mooi is – die natuurskoon, die diversiteit van mense, die kunste en musiek.

My stories, gedagtes en gedigte is soos ek: eerlik, kinderlik, dikwels komies, baie kleurvol en deursigtig (‘what you see is what you get’).

Kom saam met my op hierdie skryf-avontuur soos ek die mallemeule van die lewe uit die oog van ‘n dokter-vrou-mamma neerpen.

Daar gaan baie gelag word! Maar soms is daar ook hartseer, wipplank-emosies en donker wolke.

Onthou net:

Elke donker wolk het ‘n silwer randjie.

Mede-mens, ek hoop dat my eenvoudige stories jou weer opnuut kan inspireer en laat besef hoe waardevol jy is. Wie jy is, IS genoeg.

Vrede,

Alyssa Loftus ♡

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s